Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Friday, 22 August 2008

Cutting one's nose to spite your face

Twee jaar gelede in Wiskundige Geletterdheid as 'n skoolvak ingestel vir diegene wat nie matriekwiskunde wou ondergaan nie.

Vandag berig die SABC dat ontevrede matrikulante uit Kabokweni na die Mpumalangase Departement van Onderwys gemarsjeer het.

Hulle klagte is dat Wiskundige Geletterdheid "te moeilik" is. Hulle het vrywillig 2 jaar gelede in Graad 10 gekies om die vak te neem. Die vak is alreeds afgewaterde wiskunde, wat konsentreer op praktiese vaardighede soos persentasies en geldelike berekeninge.

Hulle oplossing vir hulle wiskundige probleme? Kom ons brand ons handboeke (ja, reg gelees - brand die boeke.) Dis 2 maande voor die eindeksamen. Hoe sodanige optrede hulle gaan help om te slaag, sal iemand asseblief aan my moet verduidelik, want alhoewel ek wiskunde kon deurkom, is ek heeltemal te dom om hierdie sonderlinge logika te kan kop.

Aan die ander kant van die aardbol is daar enorme mededinging onder Indiese en Chinese leerlinge en studente wat baklei om by elite ingenieurs-akademies in te kom, leerlinge wat lag vir die moeilikheidsgraad van Amerikaanse Graad 12-wiskunde.

En so ploeter ons aan op pad na die Afrika-Renaaisaans.



blog comments powered by Disqus
free counters Afrigator