Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, 18 May 2009

Waar is die DA se konsekwentheid oor transformasie?

'n Hipotetiese scenario: 'n Man en sy vrou sukkel met geld. Hy is vreksuinig met die huishoudelike begroting, en baklei met sy vrou omdat sy geld mors. Hulle lewe van bruinbrood en ryswater. Tog speel die man elke Sondag gholf, teen R400 per rondte. Sy argument is dat sy spandering van R1600 per maand 'n spesiale uitsondering is, want hy't baie stres by die werk. 

Dink nie daar is baie mense wat simpatie met die gholfspeler sal hê nie - die man is 'n skynheilige ou huigelaar, sou die meeste mense sê.

Dit is eweneens so in die politiek. Jy kan nie sê jy is ten gunste van iets, behalwe waar dit jouself raak nie. 

Die DA is openlik ten gunste van (rassistiese) transformasie en regstellende aksie, en alles wat dit impliseer soos rassekwotas. Behalwe waar dit by die party self kom.

Die ANC het daarom 'n punt beet as hy kla oor die rassesamestelling van die Weskaapse provinsiale kabinet. Die DA kan nie konsekwent wil sê dat hy pro-transformasie is, maar dan soos die gholfspeler in my voorbeeld heel bo wil kla as die transformasie ook die party se eie aanstellings raak nie.

Dit gaan eenvoudig nie op nie, en is net so skynheilig soos die gholfspeler se uitsondering wat hy wil maak as hy sy eie reëls aan sy eie bas voel. 

Klink vir my al te veel of Botoxzilla-hulle slegs ten gunste van transformasie is, mits dit ander mense is wat getransformeer word, en nie haar Engelssprekende wit elite nie.
free counters Afrigator